The Notice is also available in English

Môre Almal,

Jan Smit (BNR) en Bert Venter (CRRA) het besoek ontvang van Mnr Kearmit du Plessis, die Verbruikers Verhouding Bestuurder, van Eskom se Port Elizabeth Sone op Vrydag 22 September 2023.  Soos reeds berig moet alle voorafbetaalmeters in Suid Afrika herkodeer word omdat die “Token Indentity” (TID) kode in 2024 verval aangesien die bestaande “Key Revision Number”, naamlik KRN 1, oorskakel na KRN 2.  Eskom is besig met ‘n oorskakeling waar gebruikers self hul meter kan herkodeer en sal deur die plaaslike media, gebruikers waarsku wanneer oorskakeling in U area gedoen sal word.

Alle voorafbetaalmeters in die Ndlambe Munisipale area se herkodering sal plaasvind vanaf 26 September 2023.

Eenhede op meter (krediet eenhede) voor herkodering sal nie verlore raak tydens die herkodering proses nie.

Gebruikers van voorafbetaal elektiese meters om die volgende stappe te volg.  U word aangeraai om ‘n minimale bedrag ±R50.00 te gebruik om die herkodering te voltooi.

1)  Tik eers die nommers in van alle bewyse wat jy reeds aangekoop het omdat sulke bewyse NIE GELAAI SAL WORD nadat jou meter herkodeer is nie.

2)  Koop jou volgende voorafbetaalbewys en let daarop dat daar 4 (vier) stelle van 20 syfers, dus 80, in stede van die gebruiklike een stel van 20, op die betaalstrokie sal verskyn.

3)  Tik die eerste stel van 20 syfers soos op voorafbetaalbewys verskyn in, gevolg deur “Enter” en wag tot dit aanvaar is.

Geliewe te let dat by sommige meters “Enter” nie hoef gedruk te word nie en die lesing outmaties aanvaar.

4)  Tik die tweede stel van 20 syfers soos op voorafbetaalbewys verskyn in, gevolg deur “Enter” en wag tot dit aanvaar is.

5)  Tik die derde stel van 20 syfers soos op voorafbetaalbewys verskyn in, gevolg deur “Enter” en wag tot dit aanvaar is.

6)  Tik die vierde stel van 20 syfers soos op voorafbetaalbewys verskyn in, gevolg deur “Enter” en wag tot dit aanvaar is.

7)  Nadat dit voltooi is, tik ook alle ander bewyse in wat jy moontlik ontvang het, soos bv gratis basiese elektrisiteit.

Herkodering is suksesvol as die normale voorafbetaalbewyse vir elektrisiteit suksesvol ingetik is.  Tydens verder aankope sal slegs die normale stel van 20 syfers verskyn.

Daar is ook pamflette beskikbaar by C and All kafee (Boknes) en die Karavaan Park (Cannon Rocks).

Geliewe die volgende persone te kontak indien u onseker is oor die proses.

  • Lourens Nel – Boknes Belastingbetalers Vereniging.
  • Bert Venter – Cannon Rocks Belastingsbetalers Vereniging.